Ons Verhaal

 

Die Career Direct ®-voorligtingstelsel is ontwikkel as gevolg van 'n behoefte aan 'n omvattende, beginselgebaseerde toets wat mense kan help om hulle unieke talente beter te verstaan en die beroep of opleidingspad te vind wat die beste by hulle natuurlike sterktes en vermoeëns pas.

Larry Burkett, 'n bekende finansiële skrywer en spreker, het tydens die jare waarin hy gesinne oor hulle finansies raadgegee het dikwels raakgesien dat mense in beroepsvelde was wat nie by hulle talente en vermoëns gepas het nie. Dit het hom gepla dat so baie mense nie bewus was van hulle sterktes nie, en dat hulle as gevolg daarvan nie daardie talente ten beste gebruik het nie. Volgens hom het hy begin hoop dat iemand 'n program sou ontwikkel wat mense sou help om hulle aanleg ten opsigte van 'n sekere beroep te verstaan, en om hulle te wys hoe om die regte beroepsbesluite te neem. Larry het in 1989 aan hierdie taak begin werk.

Christian Financial Concepts, die organisasie wat in 1976 deur Larry gestig is, het 'n hoogs gekwalifiseerde span saamgestel vir die ontwikkeling van 'n beginselgebaseerde beroepstoets wat ook aan psigometriese vereistes voldoen. Die span, wat aanvanklik as Career Pathways bekend was, het ander bestaande assesserings ondersoek en het gevind dat net enkeles 'n wêreldbeskouing gegrond op gesonde beginsels gereflekteer het. Hulle het ook gevind dat die meeste nie omvattend was nie maar net een of twee van die vier areas gedek het wat volgens hulle navorsing noodsaaklik was om gesonde beroepsbesluite te neem: persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes.

Die span het aanvanklik 'n kombinasie van bekende assesserings en "terugvoervoorligters" gebruik om beroepsleiding te gee terwyl hulle hulle eie assessering ontwikkel. In 1995 het Christian Financial Concepts die Career Pathways ® -assessering geloods, wat bestaan het uit die CPPI (Career Pathways Personality Inventory) en die ISVI (Interests, Skills, Values Inventory). In 1996 het Career Pathways se naam na Life Pathways verander om die holistiese aard van al sy assesserings- en beroepshulpbronne beter te reflekteer.

'n Hersiene weergawe van die papiertoets, herdoop as die Career Direct-assessering, is in 1997 gepubliseer. Meer as 80,000 individue het sedertdien baat gevind by die beginselgebaseerde perspektief wat as uitgangspunt dien vir al die materiaal in die Career Direct-voorligtingstelsel.

'n Omvattende analise van die data van duisende Career Direct-gebruikers is gebruik om die faktore en berekening van tellings wat in die 1999 CD-ROM-weergawe van Career Direct ingesluit was te verfyn en te hersien. Hierdie hoogs verbeterde produk het die gebruiker in staat gestel om die assessering op 'n tuisrekenaar te installeer, te voltooi, die telling te bereken en die verslag te druk. Die resultate was nou binne enkele minute beskikbaar, in plaas van twee weke!

In September 2000 het Christian Financial Concepts en Crown Ministries saamgesmelt om Crown Financial Ministries te vorm. Tydens die oorgangsfase is sterk gefokus op die verfyning en konsolidering van die maatskappy se kern finansiële missie en materiaal.

In Maart 2002 was daar hernude belangstelling in beroepsvoorligting, en om Career Direct van 'n CD-ROM-assessering na 'n internetgebaseerde toepassing oor te skakel. 'n Aantal voormalige Life Pathways-personeellede is byeengebring om Career Direct te herontwerp as 'n interaktiewe aanlynervaring. Hierdie visie het 'n werklikheid geword met die aanlynvrystelling van Career Direct in 2006.