Beleidsriglyne

Wetlik

Bepalings en Voorwaardes

Die Career Direct Netwerk bestaan om Career Direct konsultante betrokke te maak, toe te rus en te bekragtig om bybelse waarhede aan hulle kliënte oor te dra, professionele beroepsvoorligtingsbeginsels in hulle praktyke toe te pas, kliënte te help om hulle Career Direct verslag te ontleed en hulle roeping ter wille van hulle impak in die Koninkryk uit te leef. Van tyd tot tyd ontvang Career Direct Netwerk versoeke om inligting oor 'n individu wat gesertifiseer is as opgeleide Career Direct konsultant. In antwoord op sulke versoeke het Career Direct besluit dat die voorsiening van enige van die volgende inligting sal dien om sy missie en visie te bevorder: professionele opleiding en kwalifikasies soos deur 'n gesertifiseerde individu aan ons oorgedra, die besigheidsnaam, adres, telefoonnommer, e-pos en webtuisteskakel van die gesertifiseerde individu. Ons het hierdie soekbare databasis geskep om jou van effektiewe herwinning van daardie inligting te voorsien sodat jy meer ingelig kan wees terwyl jy 'n besluit neem in jou keuse van 'n Career Direct konsultant.

Die besonderhede van 'n opgeleide Career Direct konsultant in hierdie soekbare databasis is slegs vir inligtingsdoeleindes en mag op geen wyse beskou word as goedkeuring van, verwysing na, aanbeveling vir, of aanbod om enige produk of diens van 'n opgeleide Career Direct konsultant te koop nie. Dit moet ook nie gesien word as 'n aanbod om enige diens te verkoop, te ruil of te koop nie.

Die handelsmerk, Career Direct ® is die eiendom van Crown en word wettiglik net met toestemming gebruik deur enigiemand wat nie 'n Career Direct konsultant is nie. Aanwysing van 'n individu as 'n Career Direct ® konsultant dui aan dat die individu aan die aanvanklike en deurlopende sertifiseringsvereistes voldoen wat deur Career Direct vereis word. Daarby mag die wet van 'n Career Direct  ®konsultant vereis om ander lisensies, kwalifikasies of sertifiserings te hê om sy of haar besigheid te bedryf. Nie Career Direct of sy lede of enige ander organisasies waarmee Career Direct ®konsultante geaffilieer is mag enige voorstelling, waarborg, of ander versekering gee dat 'n spesifieke Career Direct ®konsultant sodanige lisensies, kwalifikasies of sertifiserings het nie. Jy moet self hierdie inligting van die spesifieke Career Direct ®konsultant of ander betroubare bronne verkry en verifieer.

Career Direct ® Netwerk leun swaar op sy lede se voorlegging van hulle kwalifikasies, sertifiserings en aktiwiteite, en is nie gebind om by enige onafhanklike bevestiging van sodanige kwalifikasies of aktiwiteite betrokke te raak nie. Terwyl die inligting en inhoud wat hierin verskaf word dus van bronne verkry is wat as betroubaar beskou word, mag die inligting en inhoud op geen manier gesien word as 'n voorlegging, waarborg of ander versekering deur Career Direct ® Netwerk nie, deur die lede van Crown, of deur ander organisasies waarby Career Direct® Netwerklede geaffilieer is, met betrekking tot die akkuraatheid, volledigheid, of toepaslikheid van inhoud, kwalifikasies, sertifiserings, of aktiwiteite vir enige persoon of situasie.

Deur 'n rekening te registreer, erken jy en stem jy in dat nie Crown of Career Direct Netwerk of hulle lede of ander organisasies waarmee lede van Career Direct ® Netwerk geaffilieer mag wees, enige aanspreeklikheid sal aanvaar of onderworpe sal wees aan enige direkte of gevolglike verlies uitspruitend uit enige gebruik van hierdie inligting of die inhoud daarvan nie.

Kopiereg-kennisgewing

Alle regte, kopiereg ingesluit, in die inhoud van hierdie Career Direct ® webblaaie word deur Crown besit en beheer vir hierdie doel.

Jy het nie toestemming om die eiendom van hierdie Career Direct ® webblaaie te kopieer, uit te saai, af te laai te stoor (in enige medium), oor te dra, in die publiek te wys of te speel, te verander of op enige manier vir enige rede aan te pas sonder dat Crown vooraf skriftelike toestemming daarvoor gegee het nie.

Handelsmerke

Career Direct ® is 'n handelsmerk wat deur Crown besit word. Jy het nie toestemming om die Career Direct ® logo op enige manier te kopieer, uit te saai, af te laai, te stoor (in enige medium), oor te dra, in die publiek te vertoon of te wys, te verander of aan te pas nie.

Intellektuele Eiendom

Alle inhoud, prosesse, uitslae en uitkomste van Career Direct® is die eiendom van Crown.

Crown
8331 E.Walker Springs Lane, Suite 301
Knoxville, TN 37923

Jy kan ook ons Kliëntedienssentrum tussen 08:30 en 17:30 by (800) 722-1976 skakel om met 'n kliëntediensverteenwoordiger te praat.