Raamwerk vir Konsultantopleiding

"Leef vanuit Ontwerp"-Seminaar

Hierdie seminaar lê die belangrike fondasie vir wat Career Direct in wese is. Dit lê die foutiewe fondasies bloot waarvolgens lewens- en beroepsbesluite geneem word, en openbaar aan die ander kant die ware fondasies waarvolgens sulke besluite geneem moet word. Sleutel historiese, ontwikkelings- en wetenskaplike inligting word ook oorgedra.

Tegniese Handleiding met Oorsig oor Navorsing en Ontwikkeling 

Hierdie gedeelte dui die omvang van statistiese wiskunde, wetenskap en navorsing aan wat in die ontwikkeling van Career Direct 'n rol gespeel het.

Ontleding van die Volledige Verslag

Dit fokus op die verstaan van die vier sleutelkomponente van die inligting in die Volledige Verslag, die Career Direct terminologie, en metodiese proses van die formaat van die verslag.

Die strategiese onderhoud en proses van sintese en integrasie

Suksesvolle konsultering sluit 'n belangrike onderhoudsproses in, en kennis oor hoe om sleutelinligting in die verslag te integreer om die volle, ware prentjie te vorm.

Career Direct webtuiste

Spesifieke opleiding in die volle funksionaliteit van die Career Direct webtuiste sluit aanwysings in in die openbare, kliënte- en konsultantvlakke van die webtuiste, saam met ander aanlyn-beroepsnavorsingsinstrumente.

Ontwikkel jou Voorligtingspraktyk

Sluit bemarkingswenke in, besigheidsplanbystand, nodige toerusting, en konsultasietegnieke.

Spanwerk met vier werklike gevallestudies

Inkorporeer werklike gebruik van nuwe vaardighede in die deurgaan en bestudering van die opsomming van werklike gevallestudies.

Regstreekse Konsultasiedemonstrasie

'n Regstreekse konsultasie word voor die groep gedoen. Daar is geen voorgee nie; dis 'n ware konsultasie. Dit gee aan konsultante 'n spesifieke blik op hoe die konsultasieproses plaasvind

Nuwe konsultante se individuele konsultasies

Elke konsultant sal sy/haar eerste privaat konsultasie met 'n ander konsultant by die opleiding doen. Dit som alles op wat hulle geleer het en pas dit onmiddellik toe!

Kontrakte nagegaan en geteken

Na voltooiing van die opleiding teken alle konsultante 'n kontrak wat hulle voorligtingspraktyk oopmaak. Die kontrakte is ter insae beskikbaar tydens die aansoekproses voor die opleiding begin.

*Die proses vir die aanlynopleiding sluit ander metodes in ter aanvulling van die komponente in die regstreekse opleiding wat nie in 'n aanlyn-omgewing haalbaar is nie.