Leierskaprolle

Ons doel vir addisionele leierskaprolle is tweeledig: Eerstens, om aan konsultante 'n geleentheid te gee om hulle vermoëns te ontwikkel, en tweedens om seker te maak dat geen kliënt of konsultant sonder ondersteuning is nie!

Vlak 1: Career Direct Konsultant

Career Direct konsultante word spesifiek opgelei om hulle kliënte te ondersteun sodat hulle hulle unieke ontwerp beter kan verstaan. Konsultante word opgelei om die hart en doel van Career Direct te verstaan, asook om te weet hoe om die vier komponente van inligting in die 24-bladsye Volledige Verslag te integreer. Hierdie integrasie is noodsaaklik vir behoorlike opvoedkundige- en loopbaanpassing, en help kliënte om hulle sterktes te benut en te kommunikeer aan huidige of potensiële werkgewers.

Vlak 2: Career Direct Netwerkleier

'n Netwerkleier is verantwoordelik vir die ontwikkeling en uitbreiding van 'n span konsultante. Hulle primêre rol is om die eerste vlak van aanmoediging en ondersteuning van nuwe konsultante te wees terwyl laasgenoemde aan hulle sertifisering, selfvertroue en sukses in hulle bediening werk. Hierdie rol bou ook die netwerkleier se selfvertroue en vaardigheid in die gee van wyse en akkurate raad met betrekking tot die Volledige Verslag. Netwerkleiers kry ook die geleentheid om ekstra inkomste te verdien deur die Vlak 1 kommissiestruktuur.