Konsultantvoordele

Sertifikaat van Voltooiing en CCE's

Alle deelnemers in Suid-Afrika ontvang 'n Sertifikaat van Voltooiing van Crown Financial Ministries by voltooiing van die Career Direct Aanlynopleiding.

ICF-goedgekeurde Voortgesette Opleidingskrediete vir Afrigters (CCE's)

  • 18 CCE's in Kernvaardighede en
  • 19.5 CCE's in Hulpbronontwikkeling

'n Moderne, toonaangewende, professionele Career Direct ® Global Edition webtuiste

Ons webwerf is een van die beste en maklikste maniere vir konsutante om Career Direct te bemark en self bemark te word deur ons Konsultantprofiel- en die "Soek en vind 'n Konsultant"-funksies. Hierdie webwerf is ontwerp om moontlike kliënte in te lig en te motiveer tot aksie, en hulle te help om konsultante maklik aanlyn te vind en met hulle kontak te maak.

Deel van 'n Netwerkspan met 'n ervare Netwerkleier

Elke konsultant is 'n lid van 'n aktiewe netwerk konsultante vir ondersteuning, aanmoediging en leiding. Alle netwerkleiers is ervare en toegerus om die eerste vlak ondersteuning en aanmoediging vir hulle konsultante te wees. Gereelde maandelikse vergaderings word gehou vir bywerkings, addisionele opleiding en getuienisse

Toegang tot die Career Direct Nasionale en Internasionale kantoor van Ontwikkeling en Ondersteuning

Die leierskap van Career Direct hou aan ontwikkel en pos promosiemateriaal en konsultasie-instrumente op die konsultant-kontroleskerm waartoe alle konsultante toegang het. Hierdie kantoor, wat in die VSA gebaseer is, gee aktiewe ondersteuning aan konsultante regoor die wêreld.

'n Aktiewe konsulterings-opleidingservaring

Tydens ons regstreekse opleidingsgeleentheid word elke konsultant oor 'n tydperk van drie dae spesifiek opgelei en toegerus om 'n Career Direct konsultant te word. Aan die einde van 'n voltooide opleidingsgeleentheid het elke konsultant toegang tot sy/haar eie Career Direct konsultante-kontroleskerm, verskeie konsultante-instrumente en bronne, en daarby twee Career Direct kodes om hulle praktyk mee te help begin (een opvoedkundige kode; een beroepsgerigte kode).

Om 'n verskil te maak in die lewensrigting van mense en gesinne

Career Direct konsultering is harde werk, en baie belonend. Om te sien hoe 'n persoon en/of gesin hulle ware ontwerp en die beroep wat daarby pas verstaan, het duisende konsultante regoor die wêreld gebaat. 

Konsultant-inkomstepotensiaal

Elke opgeleide Career Direct ® Konsultant sal die geleentheid kry om mense op 'n baie unieke manier te dien en 'n inkomste te verdien vir die diens wat hulle lewer. Die inkomsteverdelingsmodel is ontwerp om individue, gesinne en maatskappye te help om 'n ekstra inkomste in 'n volhoubare formaat te verdien wat wêreldwyd herhaal en beoefen kan word.

Career Direct word nie op die oomblik algemeen deur konsultante gebruik as hulle voltydse beroep nie. Dit is ontwerp as instrument om ekstra inkomste te verdien deur 'n waardevolle bedieningsgerigte, professionele konsulteringsdiens.

*Pryse vir Career Direct word per land vasgestel op grond van die nasionale ekonomie. Pryse word jaarliks aangepas met die medewerking van die Meesteropleiers en Netwerkleiers in elke spesifieke land. Dit verseker in alle lande 'n redelike prys vir Career Direct.