Career Direct is 'n omvattende beroepsassesseringsstelsel wat gesonde beginsels met voorpunt-beroepsvoorligtingstegnologie en statistiek kombineer. Met meer as 20 jaar van ontwikkeling het Career Direct streng toetsing en validasie ondergaan.
Wat maak Career Direct uniek?
Career Direct is een van slegs 'n paar assesseringsinstrumente om beroepsvoorligting vanuit 'n beginselperspektief te benader. Anders as ander beroepsvoorligtingstoetse wat een of twee fasette van 'n persoon se identiteit ondersoek, kyk Career Direct na vier deurslaggewende komponente van beroepskeuse: persoonlikheid, belangstellings, vaardighede en waardes. Die gevolg is dat Career Direct een van die mees omvattende voorligtingstelsels is wat vandag beskikbaar is.
Vinnige Feite
- Die toets kan binne 'n uur voltooi word
- Byna 300,000 mense het al by Career Direct gebaat
- Career Direct is in 18 verskillende tale beskikbaar
- Career Direct konsultante is tydens 'n 3-dae program deeglik opgelei om hulle kliënte te help
- Career Direct is psigometries ontwikkel en is statisties as geldig en betroubaar bewys; 'n 70-bladsyenavorsings= en ontwikkelingshandleiding is vir die publiek beskikbaar ter insae
- Career Direct se prys word volgens elke nasie se ekonomie vasgestel
- Career Direct het aktiewe konsultante in 47 nasies insluitend Suid-Afrika, Namibië, Brasilië, Pole, die VSA en Malawi